
Die naweek van 21 tot 23 Julie, in die hartjie van die winter, gebeur Vrye Weekblad se Clarens-boekefees in hierdie skilderagtige Oos-Vrystaatse dorpie. Sneeu is (dalk) nie uitgesluit nie! Populiere troon soos goue kerse aan die voet van berge. Daar is heelwat kunstige restaurantjies, want dis ’n toeristedorpie.
Die fees vind plaas in die Protea Hotel by Marriott Clarens – swierig en bestand teen wind, weer en beurtkrag. Bespreek vroeg verblyf en kom kuier saam.
Dit sal jou slegs R600 uit die sak uit jaag om die hele naweek saam met ons te geniet, of bespreek vir afsonderlike gesprekke teen R90 ‘n gesprek.
VRYDAG 21 JULIE
17:00 Gee ons hoop, Johanna
Redaksiegesprek met Max du Preez, Anneliese Burgess, Piet Croucamp en prof. Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat.
SATERDAG 22 JULIE
10:00 Jeug en meug
Zelda Nel Bezuidenhout gesels met Fanie Viljoen, Ihette Senekal en Elrien Scheepers oor jeugfiksie.
11:00 Vrystaatse romansiers
Ihette Senekal gesels met Francois Smith en Sidney Gilroy oor hul romans.
12:00 Takseer hom op sy baadjie/Judge it by its cover
Diane de Beer praat met Hanli Deysel en Angela Tuck oor die belangrikheid van boekomslae.
13:00 Middagete
14:30 Harte, vuiste, en skulde
Deborah Steinmair gesels met Pieter P. Fourie oor sy aangrypende outofiksie.
16:00 Plunder en Vetplantfeetjies
Antjie Krog lees haar gedigte voor soos net sy dit kan doen.
17:30 Van Kroonstad tot Clarens in 70 jaar
Max du Preez en Antjie Krog maak Kroonstad- en WVK-praatjies.
SONDAG 23 JULIE
10:00 Plaaslike bibliofiele
Louis Gaigher gesels met legendariese inwoners Johrné van Huyssteen, Debra Stewart, prof. Rodney Moffet, Brenda Shepherd en Natalie Dell oor Clarens en boeke.
11:00 Boekevat
Kirby van der Merwe, Bibi Slippers, Jolyn Phillips en Dianne du Toit Albertze lees hulle gedigte voor.

